Wednesday, 18 September 2013


Die dag ek nooit sal vergeet nie.
 
Nou sit ek in die gevangennis in ʼn oranje sweetpak wat nie eers na aan my smaak is nie.

 

Dit was ’n ongelooflike vrydag oggend toe my vriendin Emma by my kom kuier het. Sy is van Boland en nes ek is Emma ook baie lief vir moderne klere. Ek en Emma het in die verloop van die dag inkopies gaan doen vir my moeder en die stad beskou.

 

Op ons uitstappie het ons verskillende winkels gaan beskou. Die dag het uitstekend uit gedraai, ons het verskillende klere en juwele aangepas en baie fotos geneem. Ons het soveel pret gehad, ons het nie eens besef  dat dit amper toe maak tyd is nie.

 

Vinnig en haastig trek ons die klere uit in die aanpaskamer en sonder om  te sien vergeet ek om die hangerkie van my nek aftehaal.

 

Ons was so haastig om by die huis te kom dat ons uit die winkel gehardloop het. In n sekonde hoor ons die winkel alarm af gaan en ons vat geen notisie daarvan nie.

 

Wanneer ek en Emma weer omkyk haarloop die sekuriteits beamptes agter ons aan en skree “rowers, rowers vang hulle!”  Ons was so geskok en nie geweet watter kant toe nie. Ons  het toe probeer verduidelik aan die sekuriteit beampte, maar hy wou toe niks verstaan nie en was oortuig dat ons die hangerkie gesteel het.

 

As vervolg van my straf sit ek nou hier in die gevangennis vir iets wat ek per ongeluk gevat het.

 

Ja ek weet ek is baie lief vir moderne kleure maar so laag sal ek nooit daal nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

3 comments:

  1. Oulike storie

    Enkele opmerkings:

    1. gevangennis - gevangenis
    2. Vrydagoggend - een woord
    3. uitgedraai - een woord
    4. foto's
    5. toemaaktyd - een woord
    6. hangerkie - hangertjie
    7. In n sekonde - Sekondes later
    8. afgaan - een woord
    9. vat geen notisie - neem geen notisie
    10. Wanneer - toe
    11. haarloop - hardloop
    12. kleure - klere

    ReplyDelete
  2. Ek het jou storie baie geniet. Ek kan net dink hoe bang jy was toe die sekuriteit nie jou wil verstaan nie.

    ReplyDelete
  3. Sjoe ek kan my net verbeel hoe jy gevoel het. Dit moet 'n baie traumatiese ervaring gewees het vir jou vriendin en jouself. Maar soos hulle sê :"Styl kom met 'n prys".

    ReplyDelete