Wednesday, 2 October 2013


REFLECTION

 Dit was my eerste keer wat ek n blog moes skep, en om eerlik te wees moet ek sȇ dat dit ʼn baie moelike prosess was. Toe ek die opdrae kry was ek onkant gevang, ek het nie eers geweet wat ʼn blog was nie of wat om oor te blog nie. Later aan die tyd het ek ʼn ideë gehad van wat van my verwag word. Soos baie ander studente, het ek ook my blog geskep toe ons terug universiteit toe gegaan het.  Ek sal nooit daardie dag vergeet nie. Ek het baie gesukkel net om die blog oop te maak en wat my om gekrap het was die feit dat niemand my wou help nie. Soos die tyd aan gegaan het, het ek toe van self reg gekom. My eerste opdrag van my blog was baie ongewikkeld. Ek kon nie myself verduilik in terma van my tema nie ek het dit baie moelik en verwand gevind. Ek moes toe vrede  maak en dit doen tot die beste van my vermoë. My kommentaar van my onderwyser het baie foute behaal, maar wat ek kan sȇ is dat ek baie daarvan geleer het. Die blog was n goeie leer prosess vir my maar om eerlik te wees moet ek herken dat ek nooit weer in my lewe sal blog nie, nie eers vir die pret daarvan nie, omdat dit te veel dink werk is en onodige tik werk is

Wednesday, 25 September 2013


Wenke vir vroumense

Baie vroumense trek dikwels hul klere op 'n verkeerde wyse aan, maar dit is baie maklik om tog stylvol en kleurvol aan te trek terselfde tyd. Hier is vyf wenke om te volg wanneer jy ordentlik en stylvol wil lyk op n daaglikse basis of op 'n gepaste geleentheid.

·         Eerstens moet jy seker maak dat jou hempie en skoene 'n ooreenstemende kleur is, byvoorbeeld as jy 'n blou hempie aan het moet jou skoene ten minste ook 'n blou kleur het.

·         Moet nie meer as twee kleure aantrek nie, maar drie kleure is aanvaarbaar solank dit mekaar komplimenteer. Rooi, swart en wit kan n perfekte kombinasie wees.

·         Oorgewig mense moet nie bytensporige kleure dra nie. Dat kan hul oormatige vette uitbeeld.

·         Swart is n ideale kleur om oormatige vette wegtesteek. So wanneer jy ongemaklik voel is swart die perfekte kleur vir jou.

·          Oorgewig mense moet ook nie horisontale streep hempies dra nie, maar wel vertikale strep hempies want horisontale strepe beelde oormatige vette uit.

Soos jy benodig nie baie geld om stylvol en kleurvol te lyk nie. Volg hiedie vyf wenke om soos n droom te lyk elke dag

 

Wednesday, 18 September 2013


Die dag ek nooit sal vergeet nie.
 
Nou sit ek in die gevangennis in ʼn oranje sweetpak wat nie eers na aan my smaak is nie.

 

Dit was ’n ongelooflike vrydag oggend toe my vriendin Emma by my kom kuier het. Sy is van Boland en nes ek is Emma ook baie lief vir moderne klere. Ek en Emma het in die verloop van die dag inkopies gaan doen vir my moeder en die stad beskou.

 

Op ons uitstappie het ons verskillende winkels gaan beskou. Die dag het uitstekend uit gedraai, ons het verskillende klere en juwele aangepas en baie fotos geneem. Ons het soveel pret gehad, ons het nie eens besef  dat dit amper toe maak tyd is nie.

 

Vinnig en haastig trek ons die klere uit in die aanpaskamer en sonder om  te sien vergeet ek om die hangerkie van my nek aftehaal.

 

Ons was so haastig om by die huis te kom dat ons uit die winkel gehardloop het. In n sekonde hoor ons die winkel alarm af gaan en ons vat geen notisie daarvan nie.

 

Wanneer ek en Emma weer omkyk haarloop die sekuriteits beamptes agter ons aan en skree “rowers, rowers vang hulle!”  Ons was so geskok en nie geweet watter kant toe nie. Ons  het toe probeer verduidelik aan die sekuriteit beampte, maar hy wou toe niks verstaan nie en was oortuig dat ons die hangerkie gesteel het.

 

As vervolg van my straf sit ek nou hier in die gevangennis vir iets wat ek per ongeluk gevat het.

 

Ja ek weet ek is baie lief vir moderne kleure maar so laag sal ek nooit daal nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday, 4 September 2013


 
Beskrywende skryfstuk
 
Dit is nie meer ʼn geheim nie. Klere was nog altyd ʼn belangrike deel van my lewe. Nugter weet wat op aarde ek sal doen sonder dit, die dag wanneer moderne klere nie meer bestaan nie sal my lewe baie ontvoltooi voel.

 

Ek en my gesin het pas die naweek inkoopies gaan  doen en meeste van die moderne style het my oog getrek. Die pryse was bo my vuur maak plek, maar dit het my nie gekeer om dit te koop nie. Ek het n goudgeel rok met hemelblou stripe aangepas. Daarmee het ek vir my n paar sagte wit sandalle en n spier wit hoed gekoop. Dit het my soos ʼn sonneblom laat voel,so geel dat ʼn mens my van ver kon sien. Dit was een van die wonderlikste gevoelens ooit, net om so ʼn uitspatige geel rok aan my lyf te het was fantasies.  

 

Ek kan my indink hoe my vriende jaloers sal wees die oomblik wanneer hulle my uitspatilike goudgeel rok gaan sien. Hoe ek dit gaan afbetaal weet nugter alleen, maar dis nie nou se bekommerdnes nie.

Wednesday, 28 August 2013

In die afgelope paar jaar het ek baie karaktertrekke oor myself ontdek. Een van daardie karaktertrekke is, 'n passie vir mode. Ek het nog altyd 'n oog vir styl en klere gehad. Ek het bewus geraak van my pasie toe ek verlede jaar by 'n klere winkel begin werk.

Dit was vir my 'n plesier om elke dag die winkel poppe te beklee. Die poppe wat ek moes beklee, het altyd die winkel se insig op gehelder. Die verbruikers het altyd rond gevra, opsoek na die dame wat die poppe beklee het, en wanneer hulle uit die winkel stap was dit altyd met 'n glimlag en bevredigde gesig. Dit het my baie goed laat voel en net meer en meer my liefde vir mode laat groei.

Omdat ek so baie van klere, moderne kleure en die nuutste mode hou, was my dae by die werk nooit verveeld nie en dit het veroorsaak dat ek elke oomblik by die werk geniet.