Die dag ek nooit sal vergeet nie.
Nou sit ek in die gevangennis in ʼn oranje sweetpak wat nie eers na aan
my smaak is nie.
Dit was ’n ongelooflike vrydag oggend toe my vriendin Emma by my kom
kuier het. Sy is van Boland en nes ek is Emma ook baie lief vir moderne klere. Ek
en Emma het in die verloop van die dag inkopies gaan doen vir my moeder en die
stad beskou.
Op ons uitstappie het ons verskillende winkels gaan beskou. Die dag het
uitstekend uit gedraai, ons het verskillende klere en juwele aangepas en baie
fotos geneem. Ons het soveel pret gehad, ons het nie eens besef dat dit amper toe maak tyd is nie.
Vinnig en haastig trek ons die klere uit in die aanpaskamer en sonder om
te sien vergeet ek om die hangerkie van
my nek aftehaal.
Ons was so haastig om by die huis te kom dat ons uit die winkel
gehardloop het. In n sekonde hoor ons die winkel alarm af gaan en ons vat geen
notisie daarvan nie.
Wanneer ek en Emma weer omkyk haarloop die sekuriteits beamptes agter
ons aan en skree “rowers, rowers vang hulle!”
Ons was so geskok en nie geweet watter kant toe nie. Ons het toe probeer verduidelik aan die sekuriteit
beampte, maar hy wou toe niks verstaan nie en was oortuig dat ons die hangerkie
gesteel het.
As vervolg van my straf sit ek nou hier in die gevangennis vir iets wat
ek per ongeluk gevat het.
Ja ek weet ek is baie lief vir moderne kleure maar so laag sal ek nooit
daal nie.
Oulike storie
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
1. gevangennis - gevangenis
2. Vrydagoggend - een woord
3. uitgedraai - een woord
4. foto's
5. toemaaktyd - een woord
6. hangerkie - hangertjie
7. In n sekonde - Sekondes later
8. afgaan - een woord
9. vat geen notisie - neem geen notisie
10. Wanneer - toe
11. haarloop - hardloop
12. kleure - klere
Ek het jou storie baie geniet. Ek kan net dink hoe bang jy was toe die sekuriteit nie jou wil verstaan nie.
ReplyDeleteSjoe ek kan my net verbeel hoe jy gevoel het. Dit moet 'n baie traumatiese ervaring gewees het vir jou vriendin en jouself. Maar soos hulle sê :"Styl kom met 'n prys".
ReplyDelete