Wednesday, 28 August 2013

In die afgelope paar jaar het ek baie karaktertrekke oor myself ontdek. Een van daardie karaktertrekke is, 'n passie vir mode. Ek het nog altyd 'n oog vir styl en klere gehad. Ek het bewus geraak van my pasie toe ek verlede jaar by 'n klere winkel begin werk.

Dit was vir my 'n plesier om elke dag die winkel poppe te beklee. Die poppe wat ek moes beklee, het altyd die winkel se insig op gehelder. Die verbruikers het altyd rond gevra, opsoek na die dame wat die poppe beklee het, en wanneer hulle uit die winkel stap was dit altyd met 'n glimlag en bevredigde gesig. Dit het my baie goed laat voel en net meer en meer my liefde vir mode laat groei.

Omdat ek so baie van klere, moderne kleure en die nuutste mode hou, was my dae by die werk nooit verveeld nie en dit het veroorsaak dat ek elke oomblik by die werk geniet.