In die afgelope paar jaar het ek baie karaktertrekke oor myself ontdek. Een van daardie karaktertrekke is, 'n passie vir mode. Ek het nog altyd 'n oog vir styl en klere gehad. Ek het bewus geraak van my pasie toe ek verlede jaar by 'n klere winkel begin werk.
Dit was vir my 'n plesier om elke dag die winkel poppe te beklee. Die poppe wat ek moes beklee, het altyd die winkel se insig op gehelder. Die verbruikers het altyd rond gevra, opsoek na die dame wat die poppe beklee het, en wanneer hulle uit die winkel stap was dit altyd met 'n glimlag en bevredigde gesig. Dit het my baie goed laat voel en net meer en meer my liefde vir mode laat groei.
Omdat ek so baie van klere, moderne kleure en die nuutste mode hou, was my dae by die werk nooit verveeld nie en dit het veroorsaak dat ek elke oomblik by die werk geniet.
Enkele omperkings:
ReplyDelete1. oor myself - van myself
2. pasie - passie
3. klerewinkel - een woord
4. winkelpoppe - een woord
5. te beklee - aan te trek
6. insig - aansig
7. opgehelder - een woord
8. rondgevra - een woord
9. verveeld - vervelig
Kayla,ek kan sien dat jy 'n passie vir mode het. Jy dra baie stylvolle klere. Ek is bly dat jy jou werk so geniet.Ek kan nie wag om meer oor jou passie te lees.
ReplyDeleteIn daardie geval weet ek nou presies waarna toe ek moet gaan wanneer ek 'n spesiale funsie het om bytewoon. Aangesien ek styloos is weet ek nou jy is stylvol en sal my nie mislui nie.
ReplyDeleteOoh niemand twyfel jou styl nie. Jy is baie stylvol en met jou passie vir mode kan jy baie ver kom.
ReplyDelete